6 dae gelede
Plek gratis op huislys
scams
Scams: Niemand moet nooit betaal om vir ’n huis te registreer nie.  ~ FOTO VERSKAF

BEGUNSTIGDES wat in die ry staan om ’n huis te kry, hoef niks te betaal om daarvoor te registreer nie.

Dié boodskap kom van Malusi Booi, die Stad Kaapstad se mayco-lid belas met menslike nedersettings.

“As iemand jou vra om te betaal om jou vir die Stad se behuising-registrasie of vir Hop-huise of vir ’n erf te registreer, word jy ingedoen.

Uitsteek

“Ongelukkig gebeur dié soort scams en dit is die mees weerlose en desperate mense wat deurloop.”

Booi sê alle mense wat vermoed hulle is slagoffers van housing scams, moet dit by die polisie gaan aanmeld.

“Ons is bewus van die gevalle wat so af en toe kop uitsteek. Ons vra begunstigdes om die Stad te kontak as hulle vermoed sulke gevalle is aan die gang.”

Booi sê dis verniet om te registreer en die registrasies word beskerm, op datum gehou en geoudit om te sorg dat niemand voor in die ry indruk nie.

“Daar is nie ’n spesifieke tydsduur van hoe lank inwoners moet wag om huise te kry nie. Dit hang alles af van huise wat beskikbaar is en of die aansoeker vir ’n huis kwalifiseer.”

Booi sê baie huise is onwettig beset sedert Maart 2020, toe die lockdown weens Covid-19 afgekondig is. Dit veroorsaak groot uitdagings. Verder bou baie mense huise op laerliggende gebiede, soos vleilande en in areas waar daar baie water lê.

“Dis nie volhoubaar om in sulke areas huise op te rig nie,” waarsku Booi.

Jy kan die Stad se Fraud Hotline by 0800 32 31 30 bel as iemand jou inloop of besoek die Housing Needs Register op die Stad Kaapstad se webblad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters