13 dae gelede
Pleidooi dat hof nie dieselfde fout maak nie

“HY IS ’n gevaarlike man en gaan in die toekoms weer doodmaak.” 

Dis die woorde van dr. Marc Roffey, 'n psigiater, wat Vrydag in die moord- en-verkragtingsaak van Steven Fortune getuig het.

Fortune het verlede week in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Regter Robert Henney wou by Roffey weet wat sy professionele mening van die beskuldigde is, alhoewel hy die dr-pasiënt vertroulikheid verstaan.

Dis toe die doc die skok-stelling gemaak het.

Die beskuldigde staan tereg op die 2020 moord-en-verkragting van die 12-jarige Michaela Williams van New Horizons in Pelican Park in Kaapstad.

Tydens sy pleitooreenkoms het die hof gehoor hoe Fortune sy slagoffer weg van haar huis gelok het, deur haar 'n stukkie verjaarsdagkoek te belowe.

Volgens Fortune het hy toe reeds besluit om Williams te verkrag en vermoor.

Na bewering het hy die meisie met sy hande verwurg, terwyl sy probeer terug veg het. Hy het Williams toe met haar eie vest verwurg, totdat sy flou geword het, en haar herhaaldelik verkrag het.

Fortune het toe twee bakstene op die meisiekind se kop gegooi en haar vir die dood agtergelaat.

Williams se lyk is later op ’n leë stuk grond in Schaapkraal gevind.

Met die skok-onthullings wat daar nie 'n droë-oog in die hofgalery nie.

Die hof het ook gehoor hoe 'n vorige slagoffer van Fortune erge trauma opgedoen het, na haar verkragting toe sy maar net 8-jaar oud was. Die slagoffer, wie nou 24-jaar oud is, kan weens die trauma nie self praat nie en haar mammie het vir haar ingestaan.

Volgens die moeder sukkel die gesin steeds om te verstaan waarom Fortune ná die misdaad vrygelaat is. Sy het die hof gevra om nie dieselfde fout as voorheen te maak nie. 

“Hy is sonder ons kennisname vrygelaat. Ons het dit maar in die verbygaan gehoor.

"Moet asseblief nie dieselfde fout maak nie," het sy die hof gesmeek.

Beatrice Adams, Michaela se mammie, kon eers nie 'n woord uit kry nie. 

Sy het in trane uitgebreek toe 'n foto van haar dogter aan die hof gewys is. 

Adams wou by Fortune weet hoekom hy haar dogter vermoor het en het hom ook laat weet dat hy die rede is waarom sy nie meer met kinders kan werk nie.

Die saak is tot 11 Mei uitgestel. 

emaan solomons
Die twee beskuldigdes wie hof loop vir die moord op Emaan Solomons sal op 21 Mei weer in die hof wees.

Intussen sal Eban Basson en Chivargo Fredericks op 21 Mei weer 'n hofverskyning maak.

Basson en Fredericks loop hof vir die moord op Emaan Solomons. 

Emaan is verlede jaar in ’n kruisvuur voor haar ouerhuis in Ocean View doodgeskiet.

Die sewe-jarige het saam met twee vriende gespeel, toe die bende-skietery uitgebreek het.

Sy is in die bors en die hand getref en het later, by 'n plaaslike mediese-fasiliteit, aan haar wonde oorlede. 

In 'n ander hofsaak sal David van Boven en Tasliem Ambrose op 1 Februarie 2022 weer in die beskuldigdebank skuif.

Die twee word van die moorde op Jesse Hess (18) en haar 85-jarige oupa, Chris Lategan, aangekla.

Hess en haar oupa is op 30 Augustus 2019 in ’n vermeende huis inbraak in hul Parow-woonstel vermoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters