16 dae gelede
Perlemoen onderskep
HET DIT: Perlies is in dié bokse onder groente versteek.  ~ Foto Verskaf

TWEE verdagtes is naby die Paarl aangekeer met perlies van meer as R5 miljoen.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het in ’n gesamentlik operasie gereageer op inligting dat perlemoen op die N1 vervoer word.

Die lede het die inligting opgevolg en ’n Tata-lorrie Dinsdag in die omgewing van die Hugenote-tonnel voorgekeer.

Toe die cops die lorrie se deure agter oopmaak, het hulle eers afgekom op sakke uie en aartappels.

Daar was ook bokse in die vragmotor wat onder die groente versteek is.

Daarin het hulle gedroogde perlemoen gevind. Daar is afgekom op 14 855 eenhede perlemoen ter waarde van byna R5,7 miljoen.

Twee verdagtes (33) en (44) is op die toneel gearresteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters