15 dae gelede
Pendelaars vang self treindief
Lorenzo Anthony and Gareth Lundt at the Cape Town
Lorenzo Anthony en Gareth Lundt by Kaapstadstasie.  ~ foto verskaf

LORENZO Anthony (44) beskou hom nie self 'n held nie, maar dis wat baie mense hom nou noem nadat hy 'n jongman help baklei het teen gewapende rowers.

Die voorval het laasweek op 'n trein na Kaapstad gebeur. 

Anthony sê net voor hulle Woodstock-stasie bereik het, het hy vroue hoor skree.

"Ek sien toe almal spring op en hardloop na die laaste carriage,” het hy aan News 24 gesê.

Volgens Anthony het hy opgekyk en gesien hoe twee mans besig is om vir Gareth Lundt (24) met 'n gun te beroof.

Lundt sê hy het sy phone uit sy sak gehaal, maar toe hy  sien die rowers is in skooluniforms, het hy dit weer weggesit.

Volgens Lundt het hy die naaste een gegryp en met hom begin stoei. Hy het die een met die gun vasgehou, maar kon nie die vuurwapen by hom afvat nie.

Anthony sê hy het 'n slegte gevoel gekry dat dinge nie goed gaan verloop vir Lundt (24) nie.

Dis toe hy nader gegaan en die een met die gun om die arms gegryp het. Hy het hom hard gedruk dat hy nie sy arms kon gebruik nie todat hy die vuurwapen by hom kon afvat.

Die ander rower het toe intussen uitgehardloop en probeer om die vuurwapen deur die venster te gryp. 

Lundt en Anthony het die rower vasgehou tot by Kaapstadstasie.

Die rower het toe volgens hulle gesmeek om te gaan, maar hulle het hom en die vuurwapen aan die polisie oorhandig.

Kapt. FC van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Die rower het reeds in die Kaapse hooggeregshof verskyn. Die saak is uitgestel tot verdere ondersoek. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters