28 dae gelede
Patoloog getuig Maandag in hof
voel beter: Ameerudien Peters se maag was gister meer bedaard. Foto’s: PETER ABRAHAMS  ~ 

ABIGAIL Ruiters en haar medebeskuldigde, Ameerudien Peters, sal volgende week hoor wat die oorsaak van klein Jeremiah Ruiters se dood was.

Ruiters en Peters, haar berk, loop hof vir die moord op die toe een-jarige Jeremiah en die mishandeling van sy twee ouer sussies.

Jeremiah is op 12 Junie in die Factreton-kliniek dood verklaar nadat Peters met hom daar opgedaag het.

Die staat gaan sy forensiese patoloog Maandag na die getuiebank roep.

Die saak is uitgestel oor die tolk steeds besig was om die forensiese verslag na te gaan.

Dit is die tweede keer hierdie week dat die saak uitgestel is.

Peters se ontstelde maag het Woensdag die saak gestuit om voort te gaan.

Sy lawyer, Alan Koester, het dit onder die hof se aandag gebring dat sy kliënt nie lekker voel nie en het die hof gevra of sy kliënt­ tydens verrigtinge die toilet kan gebruik soos hy nodig sou vind.

Regter Monde Samela het toe ’n besluit geneem dat hulle eerder die saak laat oorstaan sodat Peters mediese aandag kon kry vir sy maag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters