2 maande gelede
Pat-mobiel vat Aunty
DIS TYD! Patricia de Lille kom gisteroggend vroeg by die stemlokaal in Pinelands aan om haar kruise te trek – natuurlik vir die Good-party. Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

OM BY die huis te sit is nie die oplossing nie.

Só het Patricia de Lille, leier van die Good-party, gister in Pinelands opgemerk nadat sy haar kruisie getrek het.

De Lille sê: “Elke stem tel in die land.

“Ek voel kalm. Ek dink aan ál die Suid Afrikaners, families wat op pad is na die verskeie stemlokale en daar is een ding wat ons almal in common het.

Verlig

“Dit is dat ons almal hoop vir ’n beter toekoms vir ons en ons kinders ná die verkiesings.”

De Lille het bygevoeg sy voel verlig.

“Dit was ’n nuwe reis wat ek vier maande gelede begin het en die hoogtepunt was om vandag te stem.”

Sy het afgesluit: “Ons moet nooit hoop opgee nie. Daar is baie dinge verkeerd in ons land, maar ons moet opstaan en die geleentheid gebruik om die land reg te ruk!”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters