14 dae gelede
Pastoor vry, al sê kid hy vinger haar
verdagte: ’n Pastoor van Moorreesburg is gister vrygelaat nadat hy Donderdag gearresteer is op klagte van verkragting en seksuele molestering.FOTO VERSKAF  ~ 

“HOE beskerm ek my kind?”

Dít is die hartseer-woorde van ’n ma nadat die staatsaanklaer gister in Moorreesburg se landdroshof besluit het om ’n pastoor nie op klagte van seksuele molestering en verkragting te vervolg nie.

Die man is daarvan beskuldig dat hy ’n vierjarige dogtertjie al verskeie kere gemolesteer het.

Die pastoor (49) is Donderdagaand by sy huis gearresteer. Hy is gister vrygelaat sonder dat hy in die hof verskyn het.

Volgens die kind se ma (23) het die staatsaanklaer besluit die bewyse is nie sterk genoeg om die pastoor te vervolg nie.

Die ma weet nou nie hoe om haar kind te beskerm nie, want die hof het beslis dat die kind elke tweede naweek na haar pa toe kan gaan.

Die meisietjie het haar ma vertel hoe die pastoor (die kind se pa se grootmaak-pa) aan haar vagina gevat en sy vinger in haar opgedruk het.

Volgens die kind se ma het die voorvalle by die pastoor se huis plaasgevind.

Die ontstelde ma sê: “Ek en die kind se pa is in ’n custody-saak gewikkel.

“Volgens die hofooreenkoms kan die kind elke tweede naweek by haar pa gaan kuier.

“Sy het een Sondagaand in Februarie, nadat sy van haar pa af gekom het, gesê die pastoor het sy vinger in haar vagina gedruk.

“Ek het dit onder die maatskaplike dienste se aandag gebring.

Getraumatiseer

“Die kind het nog steeds daarna elke tweede naweek na haar pa toe gegaan.

“In Meimaand het die kind weer erg getraumatiseer by die huis aangekom.

“Ek het haar na die welsyn geneem en vertel wat in Februarie met die kind gebeur het.

“Ons is daarna polisie toe en hulle het die kind hospitaal toe geneem.

“Die dokter het bevestig dat die kind seksueel gemolesteer is.

“Ons het teruggegaan hof toe om die custody-ooreenkoms te verander. Die hof wou egter nie, oor daar nog geen sake gemaak was nie.

“Woensdagaand het die kind weer by die huis gekom en gesê die pastoor het aan haar gevat.

“Ons is polisiestasie toe en hy is die Donderdag gearresteer,” het die ma vertel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters