11 dae gelede
‘Past. Pedo’ is ene smiles
bewyse: Daar is in die pastoor se hok op dié kondome en Vaseline beslag gelê.Foto’s: melinda stuurman  ~ 

DIE pastoor wat daarvan aangekla word dat hy sewe meisiekinders seksueel aangerand het, het gister met ’n glimlag op sy gesig in die hof verskyn.

Die saak van die Zimbabwiër is by sy vorige verskyning na die Blue Downs-streekhof oorgeplaas.

Hy staan tereg op vier klagte van verkragting, twee van seksuele aanranding en een van die blootstelling van ’n minderjarige aan pornografie.

Luidens die klagstaat het die beskuldigde ’n 14-jarige, 12-jarige en 7-jarige met sy penis gepenetreer.

Hy het ook pornografie aan ’n tienjarige gewys en twee ander meisies (7 en 10) se vagina betas.

Die saak is egter vertraag toe die beskuldigde se prokureur nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.

Die beskuldigde se vrou het aan die hof verduidelik sy het die prokureur in kennis gestel dat hy in die hof moet wees, maar daar was ’n probleem met geld.

Die vrou het toe aan die landdros gesê sy het intussen vir haar man ’n ander prokureur gekry, maar dié sal eers Vrydag beskikbaar wees.

Die vrou is toe aangesê om die prokureur dadelik te kontak­ en hom te vra of hy teen môre beskikbaar sal wees.

Sy het later teruggekeer en gesê: “Die prokureur sê daar is nie ’n probleem nie. Hy sal môre in die hof wees.”

Terwyl die vrou met die landdros gesels het, het sy met verlangende oë gekyk na haar man, wat al sedert November­ laas jaar in aanhouding is. Son het destyds berig hoe die pastoor die kinders van Kalkfontein in Kuilsrivier blykbaar met lekkergoed uitgelok het.

Die pastoor het ’n hok in Kalkfontein gehuur wat hy na bewering spesifiek gebruik het om sy dade in uit te voer.

Volgens die 12-jarige se ouma het haar kleinkind en haar maatjies gereeld “movies” by die pastoor gekyk en dit is ook daar waar hy haar en die ander verkrag het.

Dit het eers agterna uitgekom dit was pornografiese movies wat hy aan die kinders gewys het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters