Verlede maand
Party spoel mond uit oor top cop se sluipmoord
TONEEL: Die AGU se speurhoof is Vrydag voor sy huis doodgeskiet.  ~ Peter Abrahams

DIE Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) in die Wes-Kaap het die sluipmoord op lt.kol Charl Kinnear skerp veroordeel.

Die speurhoof van die polisie se Anti Gang Unit (AGU) is verlede week voor sy huis doodgeskiet. Luidens die polisieverslag is hy vyf keer in sy bolyf geskiet.

Die party het dié “skaamtelose daad van bravade” voor die deur gelê van “onderwêreld-misdadigers wat dink hulle is untouchable”.

“Dit blyk ook daar is ’n simbiose tussen die booswigte en die polisie se topstruktuur wat altyd besig is met paleispolitiek.

“Tot op hede is daar geen geloofwaardige verklaring vir die onttrekking van die polisie­beskerming vir Kinnear nie.”

Verdagte

Die party sê die polisiebestuur in die Wes-Kaap moet hul aandag vestig op die onderwêreld se onwettige ekonomie en ophou met hul paleispolitiek binne die polisie.

Colin Arendse, ’n gemeenskapsaktivis en fluitjieblaser, het ook sy vyf sent in die bord gegooi met ’n ope brief aan die polisie­minister, Bheki Cele.

Arendse sê elke misdadiger én elke cop wat Kinnear ooit ondersoek het, is ’n moontlike verdagte in sy moordsaak.

Cele het Saterdag beloof dat die polisie alles in sy vermoë gaan doen om Kinnear se moordenaar(s) aan te keer.

Hy het bygevoeg daar is ’n ondersoek gelas om te kyk wie destyds besluit het dat die beskerming van Kinnear se huis onttrek word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters