Verlede maand
Parkwood-ma sukkel om seun se dood te aanvaar
mikyle bruiners
Mikyle Bruiners  ~ 

DIE ma van 'n vermoorde gestremde Parkwood-tiener sê sy sukkel om te aanvaar dat haar seun dood is. 

EWN berig die 17-jarige Mikyle Bruiners is Saterdag op sy verjaarsdag doodgesteek toe hy van sy verjaarsdaggeskenk, 'n ketting, beroof is.

Sy ma, Charlene Bruiners, vertel Mikyle het sy biologiese pa op sy verjaardag ontmoet en n silwer-ketting as geskenk gekry. Dit sonder om te weet dat dit later sy lewe sou kos.

Bruiners sê die ketting is later teruggevind, maar die verdagtes het teruggekeer en Mikyle, sy stiefpa en sy oom voor die gesin se huis aangeval.

"Die verdagte het vir die tweede rondte gekom en daarom het hulle Mikyle gesteek.

"Die een seun het gesê ons sal hom steek, totdat hy in sy bloed lê," voeg sy by.

Volgens Bruiners het die moordenaars haar seun geken en is bewis dat hy gestremd is. 

Sy beskryf haar kind as 'n liefdevolle en spesiale kind en voeg by die realiteit dat hy weg is moet nog realiseer.

"Ek voel dat hy nog hier is, hy is nie weg nie.

"Dit voel asof hy buite speel of sit," sê Bruiners.

Mikyle se oom is intussen uit die hospitaal al ontslaan, maar sy stiefpa veg steeds vir sy lewe in die intensiewe sorgeenheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters