2 maande gelede
Pad na vryheid is nog lank
genoeg is genoeg: Bathabile Dlamini, minister van vroue in die presidensie, lewer ’n passievolle speech oor geweld teen vroue.Foto’s: Anele Mfazwe  ~ 
Tamaryn Green
Sophie de Bruyn
genoeg is genoeg: Bathabile Dlamini, minister van vroue in die presidensie, lewer ’n passievolle speech oor geweld teen vroue.Foto’s: Anele Mfazwe

VROULIKE leiers het gister benadruk dat vroue se pad na ware vryheid nog lank is.

Bathabile Dlamini, minister van vroue in die presidensie, sê die regering moet meer doen om geweld teen vroue te bekamp.

Dlamini sê meer vroue moet leiersposte vul om hulle te bemagtig.

Sy doen ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa om te help verseker dat meer vroue leier­sposte betree.

Dlamini sê verder: “Die wet is te sag met verkragters en die regsproses vat baie lank.”

Dlamini meen universiteite moet meer doen om jong vroue soos Khensani Maseko te beskerm.

Maseko het onlangs haar eie lewe geneem. Dit was ná bewerings van verkragting deur haar boyfriend, wat saam met haar aan die Rhodes-Univer­siteit geswot het.

Dlamini sê: “Daar is geen manier dat ons kinders verkrag kan word en dan langs die einste rapist in die klas moet sit nie.”

Sophie de Bruyn, die enigste oorblywende organiseerder van die 1956-march deur vroue teen die apartheid­regime se Pasboekwet, was ook onder die gassprekers.

Sy sê die vryheid wat vandag geniet word, is danksy opofferings wat vroue wêreldwyd gemaak het.

Tamaryn Green, Mej. Suid-Afrika 2018, sê op haar buurt sy is dankbaar dat sy na die wysheid van mense soos De Bruyn kon luister.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters