5 maande gelede
#KYK: Packham vir 22 jaar mang toe
Rob Packham  ~ peter abrahams

ROB Packham is Woensdag tot 22 jaar direkte tronkstraf in die Kaapse hooggeregshof gevonnis. 

Packham is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy vrou, Gill en 'n verdere vier jaar, waarvan twee opgeskort is, vir regsverydeling. 

Gill se lyk is op 22 Februarie 2018 in die kattebak van haar uitgebrande kar gevind.

Die voertuig is langs die Dieprivier-treinstasie gekry.

Gill is dood weens trauma aan haar kop.

Rob is ’n week later vir die moord gearresteer.

Regter Elize Steyn het gister tydens vonnisoplegging gesê Gill se moord was koud, brutaal en skokkend.

"Sy moes met uiterse skok en afgryse besef het wat besig was om te gebeur. Die geweld was uitermatig. Pleks van 'n ambulans of die polisie bel, het hy dit toegesmeer."

Steyn sê Packham se houding was selfgesentreer en deceitful, en seemingly nie concerned met hoe getraumatiseerd sy dogters deur die moord moes gewees het nie. Die polisie het regverdiglik agterdogtig begin raak en nie sy leuens geglo nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters