11 dae gelede
Pa skiet sy seun en toe homself
 ~ 

’N PA het sy sewejarige seun geskiet en toe homself in hulle huis in Kaapstad.

Die polisie het die voorval bevestig.

’n Saak van moord is geopen ná die voorval Sondagoggend in Panorama.

Die man was 69 jaar oud. Hulle name sal later bekend gemaak word.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die saak word ondersoek. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters