10 dae gelede
Pa ry eie baba per abuis dood
oorlede: Dié seuntjie, Moegamat Nay-yaar Waja, se pa het hom per ongeluk dood gestamp.FOTO verskaf  ~ 

’N TRAGEDIE het ’n familie van Schaapkraal in Philippi getref toe ’n babaseun se pa hom na bewering per ongeluk omgery het.

Moegamat Nay-yaar Waja, wat ’n jaar en drie maande oud was, se pa het hom glo Maandag 13:50 in hul jaart dood ­gery.

Die seuntjie was glo agter die motor toe sy pa die motor reverse het.

Hy het nie die baba agter die motor gesien nie en oor die kind gery.

Hulle het met die beseerde baba na die naaste hospitaal gejaag.

Die kleine Moegamat het ongelukkig weens die erge beserings wat hy opgedoen het, later in die hospitaal afgesterf.

Moegamat se ouers is nog erg getraumatiseer en wou nog nie met die media oor die noodlottige voorval praat nie.

Hulle moes berading ná hierdie tragiese voorval ontvang.

Moegamat is Woensdag volgens die ­Moslemgeloof vanuit sy ­ouers se huis in Schaapkraal begrawe.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Volgens Rwexana is ’n saak van strafbare manslag geopen en niemand is nog gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters