9 maande gelede
Pa moet krismis mang
 ~ 

’N PA wat daarvan aangekla word dat hy sy eie dogter meer as 200 keer verkrag het, sal Krismis in die mang deurbring.

Toe die pa vroeër vanjaar vasgetrek is, het hy eers sy borgtog laat vaar.

Maar nadat hy skynbaar ’n voorsmakie gekry het van hoe dinge in die tjoekie gaan, het hy besluit om tog aansoek om borgtog te doen.

Hy het gister vlugtig in die Blue Downs Landdroshof verskyn en sou sy lot in sy bail-uitspraak hoor.

Die hof kon egter nie met die ou se saak voortgaan nie omdat die landdros nie beskikbaar was nie.

Die pa sal nou tot 11 Februarie volgende jaar moet wag vir sy dag in die hof.

Intussen moet hy mang voordat hy hoor of hy weer die daglig sal sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters