Verlede maand
Pa lem ma dood
ONGELUK: Michè Samuels is in die ry doodgesteek.  ~ Leon Knipe

“JY HET jou vrou doodgesteek, jou ma se p**s.”

“Laat die n*** hier uitklim, man.”

Só het woedende omstanders Donderdagoggend gesmaak toe ’n man na bewering sy vrou op die M5-snelweg naby Ottery in hul kar doodgesteek het.

Volgens die omstanders het Michè Samuels nog die kar bestuur toe haar man, Abdul Salam, haar begin steek het.

Die egpaar se eenjarige kind was ook by hulle in die motor.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het in ’n voorlopige verslag gesê die polisie is nog besig om die toneel vir clues te fynkam.

“Die Wynberg-polisie het ’n moordsaak geopen nadat ’n 35-jarige vrou doodgesteek is. ’n Buitelandse man (39) is in hegtenis geneem vir die moord.”

Van Wyk sê die voorval het tot ’n motorongeluk gelei waarby nog ’n kar betrokke was.

’n Ingeligte bron sê die egpaar is van Parkwood.

Aangekeer

“Die man het die vrou in die ry doodgesteek.

“Hy het uitgeklim en weggehardloop en die weerlose kind by haar gelos.”

Die Stad Kaapstad se beamptes het hom kort daarna aangekeer.

Salam en Samuels is in 2019 getroud en hulle het drie kinders.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Dit blyk uit haar Facebook account se inskrywings dat sy en Salam die laaste ruk maar deur ’n rowwe tyd gegaan het.

Enige iemand met inligting oor die voorval kan speursers. Frederick Abrahams by 021 799 1400 bel of die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111.

TONEEL: Die vrou was nog besig om te bestuur toe haar man haar na bewering met ’n mes steek. Foto: Leon Knipe
IDENTIFISEER: Die vermoorde Michè Samuels se familie het haar op die toneel uitgeken. Foto: Leon Knipe
SAD: Die eenjarige meisie was in die kar toe haar pa haar ma na bewering doodsteek. Foto: Verskaf

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters