Verlede maand
Pa, kind sterf in skietaanval
DIEP BEDROEF: Mntuwekhaya Siswana wil weet waarom sy mense dan so afgemaai is.  ~ Melinda Stuurman

’N FAMILIE soek nog antwoorde nadat ’n local leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en sy sesjarige dogter afgehaal is.

Die voorval het Woensdagaand in Mfuleni gebeur.

Siyabulela Siswana, die SAKP se sekretaris in die Brian Bunting-distrik, is verskeie kere geskiet.

Hy is op pad na die hospitaal dood. Banele (6), sy dogter, is op die toneel dood.

Siswana se vrou, Nokwanda, is met skietwonde in die hospitaal opgeneem.

Aanklop

Mntuwekhaya Siswana, Siyabulela se oom, sê die voorval het hulle diep geskok.

Volgens hom het die skietvoorval omstreeks 20:00 gebeur.

Onbekende mans het by die SAKP-sekrataris kom aanklop.

Mntuwekhaya sê verder: “Ons vra ons ook nog af wat die oorsaak is.

“Ons sal graag wil hê dat die wet sy rol speel sodat die kwaaddoeners gevang kan word. Ons wil hulle dan vra wat die oorsaak van die hele ding is.

“Soos aan ons vertel is, is hy (Si­swana) agt keer in die rug geskiet. Twee ander koeëls het hom in sy kop getref.

“Hy het sy kind (Banele) by hom gehad toe hulle op hom losbrand.

“Ons weet nie wat sy vrou (Nokwanda) se toestand is nie, want weens die lockdown-regulasies kan ons haar nie in die hospitaal besoek nie.”

Benson Ngqentshu, die Wes-Kaapse sekretaris van die SAKP, doen ’n beroep op die polisie om die booswigte spoedig vas te trek.

Die South African National Civic Organisation (Sanco) het die aanval op die Siswanas ten sterkste veroordeel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters