2 maande gelede
Pa getuig oor poppie se dood
laaste oomblikke: Bradley Robyn dra sy babadogter se kissie. Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

DIE ses maande oue Zahnia Woodward het nog vir haar pappa gesmile, al het die bloed by haar kop uitgekom.

Bradley Robyn het gister in die Kaapse hooggeregshof getuig wat op 30 Desember 2016 gebeur het toe sy dogtertjie op sy skoot geskiet is.

Robyn is die staat se eerste getuie. Volgens hom het hy en ’n paar vriende gesit op die sypaadjie van Carnationweg, Ocean View, waar hy woon. Hy het die dag na sy dogter gekyk terwyl haar ma by die werk was.

Hy sê Zhania se dummy het uit haar mond geval. Toe hy buk om dit op te tel, het hy ’n geluid gehoor. Hy het besef dis skote, want die skieter het ’n gun op hulle gerig.

Hospitaal

Robyn het agter ’n kar weggekruip totdat die skote op­gehou het.

Volgens hom het hy in die huis besef sy dogtertjie is getref. “Haar oë was oop en sy het vir my gesmile.”

Hy het self met sy kind hospitaal toe gery.

Vyf ander mense is in die skietery gewond.

Christopher September, Larry Johnson, Miriam Johnson (Larry se ma), Taswill Kriel en Morné May loop hof vir die skietery. Hulle staan tereg op 1 aanklag van moord, 11 van poging tot moord, regsverydeling en die onwettige besit van ’n vuurwapen. Al vyf het onskuldig gepleit en beweer hulle was nie daai dag in die area nie.

Mirriam het geen verduideliking gegee nie. Die staat voer aan sy het gehelp om die kar weg te steek wat in die skietery gebruik is.

Die saak duur voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters