Verlede maand
Owerhede slaan toe op dranklisensiehouers
Vier dranklisensiehouers is met van altesaam R50 000 beboet.  ~ Kim Meyer

ALBERT Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, doen ’n beroep op inwoners om alkohol verantwoordelik te gebruik.

Fritz sê die provinsiale drankowerhede bekamp onwettige sjebiens en alkoholverbruik onder minderjariges in die provinsie.

Die Wes-Kaapse drankowerheid het ’n verslag oor die handhawing van drankregulasies aan die provinsiale kabinet oorhandig, met inligting oor sy aktiwiteite van 4 tot 10 Oktober.

Volgens die verslag is 325 inspeksies gedurende die sewe dae periode uitgevoer, met 198 inspeksies wat spesifiek gefokus is op alkoholverbruik onder minderjariges.

Daar word gesê dat vyf geïntegreerde operasies saam met die polisie en wetstoepassers uitgevoer is.

Elf dranklisensiehouers is vervolg weens oortreding van die regulasies en/of lisensievoorwaardes en vier lisensiehouers is beboet.

Boetes van altesaam R50 000 is uitgereik. 

Fritz het gesê inspeksies is uitgevoer in 25 gebiede, waaronder Belhar, Botrivier, Edgemead, Greyton, Gugulethu, Harare, Kleinvlei, Matroosfontein en Wallacedene.

Operasies deur polisie en wetstoepassers is ook uitgevoer in Mitchells Plain, Moorreesburg, Kuilsrivier, Gugulethu, Harare, Makaza, Kuyasa, Site-B en Site-C in Khayelitsha.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters