3 maande gelede
Ouers vies oor onnie
in diens: Roeline Hill gee steeds onderrig by dié skool.Foto’s: bohemia hoffmeester  ~ 

DIE ouers van ’n leerling wat nou met lewenslange skade aan haar regterhand sit nadat ’n onnie haar in 2013 met ’n rottang bygekom het, sleep die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) hof toe.

Audrey Nkako-Dourie en Nicolaas Dourie van Worcester is tans besig om ’n eis teen die onnie, Roeline Hill, sowel as die WKOD, in te stel.

Daar word ook oorweeg om ’n kriminele klag teen Hill te bring oor die WKOD Hill net ’n finale waarskuwing gegee het.

Hill is ook ’n boete opgelê.

Nkako-Dourie het aan Son vertel haar dogter, Nicole (12), het die Esselenpark Primêre Skool bygewoon toe sy aangerand is.

Sy sê toe haar kind elke dag met ’n geswelde hand wat pyn, tuis kom, het sy haar nie veel daaraan gesteur nie.

Nkako-Dourie vertel: “Sy het kom kla dat die juffrou hulle geslaan het, maar vir my was dit reg, want ons is ook gedissiplineer toe ons op skool was.

“Ek het nie eintlik geweet dat dit so ernstig is nie, maar toe die hand vererger, het ek besluit om die skoolhoof te gaan sien.

“Die juffrou het ontken dat sy my kind geslaan het.

“Ons het toe ’n saak by distrikskantore in Worcester gaan maak.

Nkako-Dourie sê tydens die dissiplinêre verhoor het Hill skuld erken.

in diens: Roeline Hill gee steeds onderrig by dié skool.Foto’s: bohemia hoffmeester
ondersteun: Nicolaas Dourie en sy vrou, Audrey, moet nou van voor af hul dogter versorg.
gefrustreerd:Nicolaas Dourie en Audrey kan nie glo Roeline Hill steeds in diens is nieFoto:

Dit het ook aan die lig gekom dat sy van die ander kinders ook oor hul hande en ribbes geslaan het.

Die Douries is egter ontsteld oor Hill steeds in diens is en Nicole se hand lewenslank beskadig is.

Nicole moes ook ’n operasie ondergaan om verligting te bring.

Volgens die Douries het hulle al derduisende rand aan Nicole se mediese onkoste bestee wat deur hul mediese fonds gedek is.

Nkako-Dourie sê haar dogter word tans deur ’n paneel dokters en spesialiste ondersoek om die skade aan haar hand te bepaal.

Regan Brown, die Dourie-gesin se prokureur, het aan Son bevestig dat hulle die WKOD en Hill in die Kaapse hooggeregshof gedagvaar het.

sukkel:Wanneer die pyn te ondraagbaar word vir Nicole probeer sy met haar linkerhand skryf.Foto:
dissiplinÊre uitslag:Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het destyds dié brief aan die Douries-gesin gestuur.
slimkop: In die jaar wat Nicole Dourie so erg aangerand is, is sy as die beste presteerder aangewys.

Brown sê: “Die probleem wat ons het, is dat sy skuldig gepleit het, maar steeds in diens is.

“Ons wil vanaf die departement hoor hoekom dit so is. Ons oorweeg ook om kriminele klagte teen die onnie te bring.”

Jessica Shelver, ’n woordvoerder vir die minister van onderwys, Debbie Schäfer, sê die minister die respondent in die saak is.

Shelver sê oor die saak sub-judice is, mag hulle nie kommentaar lewer nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters