6 dae gelede
Ouers in rou oor een van vierling sterf
Quadruplets
Berenice Jacobs en Melvyn Loots.  ~ Foto Verskaf

'N MA van Tafelsig wat geboorte aan 'n vierling gegee het, is stukkend nadat een van die kleintjies gesterf het.

Die ouers, Berenice Jacobs en Melvyn Loots, sê hulle het numb gevoel toe personeel van die Groote Schuur-hospitaal Donderdag bel om hulle in te lig een van die babas het afgesterf.

Jacobs sê die seuntjie het gesukkel om asem te haal toe sy die dag voor sy dood by die hospitaal was.

"Ek's baie hartseer. Toe ek laas my babas gesien het, was hulle fine. Ek het my seun Woensdagmiddag gesien, maar hy het baie pype in sy klein liggaampie gehad en het gesukkel om behoorlik asem te haal.

"Sy asemhaling het stadiger en stadiger geword en hy het uiteindelik ingegee."

Die paartjie sê hul seun, Cole Alwyn Loots, gaan diep gemis word deur almal wat gewag het vir hom en die ander babas om huis toe te kom. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters