Verlede maand
Ouers gevind
REUNITED: ’n Minderjarige kind wat verlate gevind is, wag nog om met sy mammie herenig te word.  ~ iStock

DIE minderjarige seun wat sowat drie weke gelede verlate in die strate van Kraaifontein gevind is, se ouers is uiteindelik gevind.

Son het verlede week berig oor ’n minderjarige kind wat na die polisie geneem is nadat hy in vier uur nie by ’n plaaslike winkel opgeëis is nie.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die seuntjie twee jaar oud is.

Volgens van Wyk is die kind op 2 Februarie in die strate van Wallacedene in Kraaifontein opgemerk.

Die kind is toe na ’n nabye winkel geneem in die hoop dat die kind se familie na hom sal kom soek.

Toe niemand vir die kind kom nie, is die kind na die polisiekantoor geneem.

“Die polisie het die gemeenskap ingelig oor die kindjie en gevra dat hulle op die uitkyk moet wees vir die kind se familie, maar dit was onsuksesvol.”

Die kind is toe in ’n plek van veiligheid geplaas.

’n Week later was die kind se ouers steeds nie gevind nie en Son se hulp is toe ingeroep.

’n Ingeligte het verlede week aan Son vertel dat die kind gesond en goed versorg voorgekom het.

Die kind is ook drietalig.

Van Wyk sê die kind se ma het hom verlede week as vermis aangemeld toe die pa kom kuier het.

“Sy was onder die indruk dat die kind saam met sy pa is. Volgens haar het hy al menige keer gedreig om die kind saam met hom na die Oos-Kaap te neem.”

Son het verneem dat die ma en haar kind gister herenig sou word, maar Van Wyk sê die kind is steeds in ’n plek van veiligheid.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters