2 jaar gelede
Oud, jonk is getreat
OPGEWONDE: Die kinders staan gereed om ’n pakkie van Vader Krismis te kry. Foto: IAN BAARD  ~ 

DAAR is mos niks lekkerders as om kinderhartjies gelukkig te sien nie.

Die kleintjies van drie crèches – Tiny Bubbles, Kleine Skapies en Twinkle Little Star – in Chris Nissenpark, Somerset-Wes, het ’n vroeë Kersgeskenk gekry.

Die ontwikkelaar Om­wico en die konstruksiemaatskappy Manor House het die kleinspan met lekkergoed-pakkies bederf.

Gebaar

Maar dit was nie net die kinders van die gebied wat bederf is nie.

Ook het Chris Nissenpark se seniorklub, vroueklubs en die netbalklub ’n heerlike bederf gekry.

Volgens Dinah Adams, ’n gemeenskapsleier, kom die gebaar nou al baie jare aan nadat die konstruksiemaatskappy en ontwikkelaar hulle intrek op die site langs die woongebied geneem het.

Sy sê behalwe elke jaar se Krismis-bederf het Manor House ook die Tiny Bubbles Crèche opge­gradeer “tot ’n vyfster-fasiliteit” sodat die kinders ’n goeie opvoeding kan kry.

Adams het almal bedank wat ’n bydrae gemaak het om die partytjies moontlik te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters