6 maande gelede
Ou wou hê ‘familie moet weet van moord’
LOOP HOF: Shakoor Roberts staan tereg op sy ma se moord.  ~ Foto Verskaf

“EK HET vir Gafsa gesê ‘eerder jy gaan vrek of ek gaan vrek’.

“Die Vrydagaand maak ek haar dood en daar doen ek dit en klaar!”

Dis glo wat Shakoor Roberts aan die staatsgetuie Jamia Daniels gesê het in ’n confession dat hy sy ma vermoor het.

Shakoor staan tereg op ’n klag van moord nadat hy na bewering in 2015 sy ma, Gafsa (61), in ’n vermoedelik satanistiese ritueel vermoor het.

Gafsa se erg ontbinde lyk is drie dae nadat sy as vermis aangegee is, in haar wheelie bin in Tafelsig­, Mitchells Plain, gekry.

Daniels het gister weer by die getuiebank ingeskuif vir kruisondervraging.

Daniels het getuig oor Roberts, wat twee keer in die mental hospitaal was en dat hy ’n jaar voor die moord op sy ma ontslaan is.

Daniels het ook die hof daarvan ingelig dat sy en die beskuldigde ’n goeie verhouding gehad het.

Sy getuig toe sy weet nie hoekom hy haar vertrou­ het om so baie goed aan haar te confess nie.

“Al wat hy gesê het, is dat hy wou hê die familie moet weet dat hy sy ma vermoor het.

Vertrou

“Hy het gesê hoe hy haar interrogate het en haar gemaak smeek het om haar dood te maak.

“Hy het haar ook gevra om te bid en seker gemaak dat sy dinge sê wat hy wou hoor voordat hy haar doodgemaak het.”

Roberts het ’n nuwe hairstyle gesport – ’n geskeerde kop met ’n tosseltjie hare wat agter hang.

Hy het die hele tyd met sy chain met ’n kruis aan gespeel terwyl Daniels gepraat het.

Terwyl die hofsitting nog aan die gang was, is die staatsaanklaer Darren Johnson deur die landdros berispe nadat hy aangedui het hy wil vir lunch gaan.

Die saak gaan môre voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters