5 maande gelede
Ou wond cops, skiet toe homself en meisie
Vier mans is in hegtenis geneem en nog een is dood toe ’n skietery tussen gewapende rowers en die polisie Maandag in Eldorado Park uitgebreek het.Foto: Verskaf  ~ 

‘N MAN van Philippi-Oos het sy meisie in sy shack doodgeskiet voordat hy die vuurwapen op homself gedraai het. 

Dit kom ná hy vroeg vanoggend op twee polisiemanne losgebrand het.

Lt. Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ‘n tip-off ontvang oor ‘n onwettige vuurwapen en het na die Siyangena-informele nedersetting gegaan.

Die man het egter op lede van die Nyanga-misdaadvoorkomingseenheid geskiet toe hulle sy shack nader en het twee polisiemanne in die proses gewond.

Traut sê die twee polisiemanne is na die hospitaal geneem. Hulle is in ‘n stabiele toestand.

Die polisie het die man se shack omsingel en teen 02:00 vanoggend nog skote gehoor.

Toe die polisie uiteindelik die shack kon binnegaan, het hulle gevind die man het sy meisie en homself doodgeskiet.

Die man is in sy 20’s en die meisie in haar 30’s.

Lt. Genl. Khombinkosi Jula, provinsiale kommissaris, het die aanval op manne in blou veroordeel. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters