9 dae gelede
Ou weg ná aflaai
BEKOMMERD: Truitjie Mentoor (58) vra die publiek om haar te help om haar vermiste seun te vind.  ~ Foto Verskaf

’N PSIGIATRIESE pa­siënt van Vredenburg word sedert Vrydag in die Kaap vermis.

Marius Blake se mense ry sedertdien byna daagliks na die Kaap om die vermiste Blake (38) te soek.

Jodene Mentoor, Blake se suster, sê ’n buurman, Edward Hilbert, het Blake na Du Noon naby Milnerton aangery.

Mentoor (32) sê: “Hilbert het vir Marius Vrydag by die eerste robots van Du Noon afgelaai, want Marius het glo gesê hy gaan ’n kar koop.

“Marius is ’n psigiatriese pasiënt.”

Volgens Hilbert het hy geen idee gehad van Marius se situasie en dat hy ’n psigiatriese pasiënt is nie.

Blake se mammie, Truitjie Mentoor (58), sê hulle ry byna elke dag Kaap toe om na hom te gaan soek.

Dis vandat Blake vermis geraak het, sê sy.

Kontak

Truitjie voeg by hulle kon egter nie gister weer van Vredenburg na die Kaap ry nie, want dit begin plaas nou te veel finansiële druk op hulle.

Sy vra egter enige iemand wat weet waar Blake is of hom gesien het, om sy familie te kontak.

Truitjie sê as hulle in die Kaap na Blake gaan soek, kyk hulle in Du Noon en die nabygeleë Bloubergstrand.

“Maar teen dié tyd kan hy al op enige plek wees,” sug sy.

“Ons vra baie mooi, as enige iemand wat hom gesien het, moet hulle tog die naaste polisiestasie bel of ons kontak.”

As jy weet waar Blake is, bel Mentoor asseblief by 064 706 4839.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters