12 dae gelede
Ou voor vir rape, lol met kinders
'n Man wat hom as dokter en modelagent voorgedoen het, het op onder meer klagte van verkragting in die hof verskyn.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

’N MAN wat hom na bewering as dokter en modelagent voorgedoen het, het gister in die Atlantis-landdroshof verskyn op klagte van statutêre verkragting, verkragting en die verspreiding van kinderpornografie.

Die rugbyafrigter (46) het hom glo ook as fotograaf, fiksheidskenner en gay vrou voorgedoen.

Die beskuldigde het op 14 April borgtog van R10 000 gekry en is streng borgvoorwaardes opgelê.

Hy moet hom elke dag by Atlantis se cop shop aanmeld.

Dié getroude man, wat ook kinders het, is op 25 Maart by sy werk aangekeer. Die polisie het op sy persoonlike en werk­rekenaar beslag gelê.

Luidens die polisieverklaring van een van die slagoffers is hy al sedert 2017 besig.

Droom

Die slagoffer sê van die misdade het by die beskuldigde se werk plaasgevind.

“Hy het sy eerste slagoffer, ’n 15-jarige meisie, gehelp om fiks te bly en het haar droom om ’n model te word, tot sy voordeel uitgebuit.

“Hy het hom as ’n modelagent voorgedoen en kaalfoto’s van haar geneem.

“Desperaat om ’n naam te maak as model het sy alles gedoen wat hy vra.

“Die ‘fotograaf’ het daarna voorgestel sy moet bewys sy is volwasse genoeg deur met hom seks te hê.

“Die slagoffer het egter ná ’n tyd geknak en het haar eie lewe probeer neem en met die hele sak patats uitgekom.”

Penis

Sy volgende slagoffer was na bewering ’n kollega by die werk, waar hy hom as dokter voorgedoen het.

Die “dokter” het die vrou gevra om te kyk of daar iets by sy penis uitkom, terwyl hy skelm ’n foto geneem het.

Hy het glo daarna die foto as afpersmateriaal gebruik. As sy nie seks met hom het nie, gaan hy die foto aan haar man stuur.

Hy het na bewering ook die foto gebruik om die vrou te dwing om haar minderjarige dogter aan hom uit te lewer vir seksuele video’s en naakfoto’s.

Die saak is uitgestel tot 30 September.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters