3 dae gelede
Ou voor vir moord op surfer
Vlammehel: Die eienaar van die kar was in sy boot toe die kar aan die brand gesteek is.FOTO Verskaf  ~ 

’N MAN wat glo ’n surfer (38) in sy eie kar se boot uitgebrand het, het gister sy eerste hofverskyning gehad.

Stoffel Wilschutt het op drie klagte verskyn waaronder moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en ammo. Hy staan ook tereg op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Wilschutt is die naweek aangekeer nadat ’n surfer se uitgebrande lyk verlede Woensdag in sy silwerkleurige Nissan X-trail gevind is.

Die voorval het op die Slangkop-pad naby Ocean View plaasgevind.

Son het berig Wilschutt en sy vriend het glo die man gekaap, geskiet en toe in die boot gelaai. Hulle het toe twee vroue ’n lift aangebied.

Gesien

Toe die vroue van die man in die boot bewus word, wou hulle met alle geweld uit die kar kom. Die bestuurder van die gekaapte kar het toe in ’n ander kar vasgery, maar steeds aangehou ry.

Die bestuurder van die ander kar het hulle agternagesit en gesien hoe twee vroue uitspring en weghardloop. Hy het glo ook gesien hoe die twee mans die voertuig aan die brand steek.

Wilschutt se makker is nog soek. Wilschutt verskyn op 21 Mei vir ’n formele borgtogaansoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters