9 dae gelede
Ou vas vir hit op gestremde
MOORDTONEEL: ’n Gestremde man, net bekend as Heiron, is gister helder oordag in Uitsig doodgeskiet.Foto: LEON KNIPE  ~ 

’N GESTREMDE man is gister helder oordag in Uitsig doodgeskiet.

Die slagoffer, bekend as Heiron, het net een been gehad en het met krukke geloop. Hy’s in die kop getref en is op die toneel dood.

Die skietvoorval het in Cassiastraat gebeur.

Hy is na verneem word uitgehaal oor hy ’n getuie in ’n moordsaak was.

Heiron het buite ’n huis op die stoep gesit toe ouens by die jaart ingekom en hom drie loodpille ingejaag het.

’n Verdagte is kort ná die voorval aangekeer. ’n Vuurwapen is gekonfiskeer.

Verskyn

DOOD: Die gestremde slagoffer bekend as Heiron is gistermiddag in Uitsig koelbloedig doodgeskiet is.Foto: FACEBOOK

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder sê lede van die anti-bende-eenheid het op die skietery gereageer en ’n verdagte gearresteer.

Die verdagte is vir moord aangekla en sal binnekort in die landdroshof verskyn.

Talle mense is die laaste tyd in bendeverwante voorvalle in Uitsig doodgeskiet.

  • In nóg ’n skietvoorval gister in die vroeë oggendure is ’n man sonder bendebande ook in Mitchells Plain vol lood gepomp.

Die skietvoorval het omstreeks 05:30 naby die Primêre Skool Merridale in Lentegeur gebeur.

FYNKAM: Een van die cops se forensiese span besig om die moordtoneel vir leidrade te fynkam.Foto: LEON KNIPE

Twee verdagtes het glo die man, wat op pad werk toe was, probeer beroof.

Hy het teruggeveg. Die twee mans het hom toe koelbloedig doodgeskiet.

Hulle het van die misdaadtoneel af weggevlug en word steeds deur die polisie gesoek.

  • In Kensington is ’n vermeende gangster ook gisteroggend afgemaai.

Die voorval het omstreeks 06:00 gebeur. Die slagoffer is op die toneel dood.

Niemand is tot dusver gearresteer nie. ’n Moorddossier is aangelê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters