Verlede jaar
Ou stap rustig weg, sê vrou
GESKIET: Pete Mihalik se lyk word van die toneel verwyder. Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

BENDEGEWELD in die Kaap het nou na die ryk buurte versprei.

Die top lawyer adv. Pete Mihalik (50) is ten aanskoue van sy agjarige seun en sy dogter in Groenpunt uitgehaal.

Die sluipmoord het gisteroggend vroeg voor die laitie se skool, Reddam House, gebeur net toe Mihalik die kind wou aflaai.

Die seun is skrams gewond en het hospitaal-behandeling gekry.

’n Verdagte is kort ná die voorval aangehou vir ondervraging.

Mihalik was bekend daarvoor dat hy gereeld dikdinge in die Kaapse underworld verdedig het.

Hy het nog onlangs vir die berugte broers Jerome “Donkie” Booysen en Colin Booysen in hofsake verdedig.

Die twee broers is na be­wering deesdae in opposisie met mekaar.

Meer onlangs sou hy Nafiz Modack, die vermeende kingpin in ’n extortion-saak, verteenwoordig.

Dié saak begin volgende week.

Mihalik se close associate die prokureur Noorudien Hassan, wat ook verbind is met sommige van die Wes-Kaap se hoëprofiel- bende­sake, is in 2016 in Lans­downe vermoor.

Ooggetuies het gister senuagtig aan die media vertel dat hulle ’n man opgemerk het met ’n silwer gun in sy hand.

Die bewering is dat hy met die gun tot by Mihalik­ se grênd Mercedes-Benz gestap, die wapen teen die venster gedruk en twee skote afgevuur het.

pete mihalik

Mihalik is in sy kar dood.

Volgens ’n ooggetuie het ’n onderwyser die seuntjie uit die kar gehaal en hom die skool ingedra.

“Hy was vol bloed. Mense by die skool het met hom hospitaal toe gejaag.”

’n Ander ooggetuie wat in haar kar op die hoek van Thornhill- en Cavalcade- straat gesit het, het gesien hoe die verdagte van die toneel wegstap nadat die skote afgegaan het.

Skree

“Hy het ’n rooi-en-swart gestreepte T-shirt gedra en het ’n suitcase in sy hand gehad, seker waarin die gun weggesteek is.

“Hy het nie eens gehardloop nie. Hy het gestap asof niks gebeur het nie,” vertel die vrou.

“Ek het gehoor hoe iemand skreeu om hulp. Ek dink dit was Mihalik se dogter.”

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Die verdagte is gesien vlug van die toneel in ’n metaalgrys VW Polo.”

Volgens Netwerk24 is daar onbevestigde gerugte dat ’n Johannesburgse verdagte met die moord verbind­ word en deur die verkeerspolisie­ in Atlantis aangekeer is.

Die motief vir die moord is nog nie bevestig nie.

Wat Mihalik se dood vir sy naastes so tragies maak, is dat hy sy vrou, ma en suster verloor het deur selfmoord.

Dis nog onduidelik in wie se sorg sy twee kinders gelaat sal word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters