8 dae gelede
Ou roep om hulp voor moord
Roof: Bradley Arendse is Saterdag doodgeskiet.Foto: Leon Knipe  ~ 

’N SOKKERSPELER van Lavender­ Hill is Saterdag helder oordag doodgeskiet oor ’n selfoon.

Bradley Arendse (28) is in Hillview doodgeskiet toe hy vir twee rowers sy selfoon en ander besittings gegee het.

’n Gemeenskapswerker wat anoniem wil bly, sê Arendse het om hulp geskreeu toe die jongens hom genader het.

“Hy het geskreeu: ‘Antie, hulle­ wil my rob!’ ”

Die man sê Arendse was nie ’n vrot appel nie.

“Hy het vir ’n local sokkerklub gespeel en was nie ’n gangster nie.”

  • In nog ’n voorval in Leiden, Delft, is ’n man Vrydagaand doodgeskiet. Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 19:00 op die man se lyk afgekom nadat die gemeenskap hulle ingelig het.

Hy is een keer in die kop getref.

Die gemeenskap sê die man was ook nie ’n gangster nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moorde nie.

  • ’n Man (30) is gou gearresteer vir die moord op sy girlfriend­ van diep in die 20.

Die voorval het vroeg Saterdagoggend in Asanda Village plaasgevind.

’n Wakker gemeenskapslid het die polisie in kennis gestel. Die vrou se linkerbeen was afgesny en daar was ’n oop wond aan haar regterbeen.

Die vermeende moordenaar is die derra van die vrou se twee kinders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters