DIE Kaapse hooggeregshof het Vrydag ’n man gevonnis vir korrupsie, geldwassery, die stroping van perlemoen en rampokkery.
Volgens Zinzi Hani van die Valke het die klagte teen die 52-jarige Preston Paul Julies gevolg ná gesamentlike operasies in Maart 2018 in Gansbaai, Hermanus, Hawston, Stanford, Bredasdorp, Pearly Beach en Kuilsrivier.
Die Valke, departement van landbou en seevissery en die batebeslagleggingseenheid het saamgewerk. Hulle het altesaam 18 selfone en R220 000 in kontant gekonfiskeer.
Aangegaan
Nóg 17 mans is ook tydens die operasies in hegtenis geneem.
Julies het ’n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan.
Die hof het hom vyf jaar tronkstraf opgelê omdat hy die Prevention of Organised Crime Act oortree het.
Julies is ’n verdere vonnis van vyf jaar opgelê vir korrupsie en ’n verdere twee jaar omdat hy perlemoen gestroop en onwettig vervoer het.
Al hierdie vonnisse sal gelyklopend uitgedien.
Dit beteken Julies gaan vyf jaar agter tralies deurbring.