14 dae gelede
Ou betrap met bokse dop, drugs
GROOT VRAG: Bokse whiskey en Mandrax is in die kattebak van die verdagte se kar gevind.  ~ Foto Verskaf

TERWYL die meeste mense in die pandemie by regulasies soos die aandklokreël en drankverbod hou, is ’n verdagte Dinsdag in Milnerton betrap wat hom glad nie hieraan gesteur het nie.

Die oortreder is in sy voertuig voorgekeer.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê toe die cops die man voorkeer, het hulle meer gekry as waarvoor hulle gebargain het.

In die boot van sy voertuig is ses bokse whiskey aangetref asook ’n boks propvol Mandrax-tablette.

Kontrolepunt

Die straatwaarde van die gekonfiskeerde drank en drugs beloop sowat R30 000.

Hy is ook met R24 080 kontant in sy besit betrap waarvoor hy nie rekenskap kon gee nie.

Die Milnerton-polisie het die verdagte voorgekeer by ’n beheerpunt wat hulle opgestel het. Hy is 21:30 in hegtenis geneem.

  • In ’n onverwante voorval het beamptes van die Milnerton-polisiestasie op ’n tip-off gereageer.

Hulle het Maandagnag ’n perseel in Joe Slovo gaan deursoek.

Daar het hulle afgekom op dagga met ’n straatwaarde van ongeveer R8 000.

In dié voorval het die cops ’n 26-jarige verdagte in hegtenis geneem.

Hy sal vandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters