2 jaar gelede
Ou afgeskiet
hier kom hy: Die polisie begelei die man uit die gebou. Foto’s: melindastuurman  ~ 

’N MAN het homself gister in die Capitec in Bellville hostage gehou.

Dis omdat hy na bewering nie ’n werk gekry het waarvoor hy aansoek gedoen het nie.

Die drama het sowat vier uur geduur.

Volgens ’n werknemer van Capitec het die man Dinsdag ’n eerste keer ’n draai gemaak by die tak in die BSE Centre in Voortrekkerweg.

Die werknemer verkies om anoniem te bly, maar vertel: “Hy het gesê hy is van ‘intelli­gence’.

“Hy het gesê die bank het ’n fout gemaak met die persoon wat hulle aangestel het. Daarna is hy weg.”

Gister het hy gewapen teruggekom en groot konsternasie veroorsaak.

Toe Son gistermiddag laat die toneel besoek, was daardie deel van Voortrekkerweg afgesper. Daar was polisie- en verkeersbeamptes op die toneel.

Die polisie se taakmag het later opgedaag en die gebou binne­gegaan.

Die negotiators was toe reeds binne.

Ná ’n ruk het die polisie ’n vrou soontoe gebring.

Kort hierna het die taakmag uitgekom, met ’n netjies geklede man op hulle hakke. Die Bellville-BSE se bestuur het ’n verklaring uitgestuur.

daar gaan hy: Die man word in ’n polisiekar gelaai.
SAFETY FIRST: Die area om die gebou is afgesper.

Daarin sê hulle daar was ’n gyselaarsdrama.

Die verklaring lui: “ ’n Persoon het ’n persoonlike saak gehad en ons Bellville-kampus betree. Dit was spesifiek in die recruitment­afdeling.

“Die polisie het die area vir veiligheid afgesper.

“Al die gyselaars is vry­gelaat.”

’n Woordvoerder vir die polisie, lt.kol. Andrè Traut, was ook op die toneel.

Hy het gesê die man het niemand as gyselaar aangehou nie.

Traut het gesê: “Hy is alleen daar binne. Daar is ’n dispuut tussen hom en die bank.

“Ons is net hier vir sy veiligheid.

“Ons kan ook nie sê wat met hom gaan gebeur as hy sou uitkom nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters