3 maande gelede
Orderick: Ou dán voor
Orderick Lucas (1)  ~ Foto Verskaf

DIE gay haarkapper van Eersterivier wat van die moord op Orderick Lucas (1) aangekla is, sal oor ’n week sy eerste verskyning in die Kaapse hooggeregshof maak.

Melvin Volkwyn is in aanhouding sedert Orderick as vermis aangemeld is.

Die kind is op 24 Maart 2019 laas lewend gesien.

Vier dae later het sy familie agtergekom hy is vermis. Sy ma, Davedine, het vertel dat sy hom Sondag 24 Maart in Volkwyn se sorg gelaat het.

Hy het haar die volgende dag ingelig dat hy die kind na haar ma toe geneem het. Lucas het eers Donderdag by haar ma uitgekom en toe verneem die kind is ook nie daar nie.

’n Soektog na hom is begin. Sy liggaam is eers op 2 April 2019 in ’n drein in Wittebol-straat gevind.

Geweier

Die oorsaak van sy dood kon nie bevestig word nie omdat sy liggaam in ’n gevorderde stadium van ontbinding was.

Die staat voer aan Volkwyn het Orderick se dood veroorsaak en sy lyk in die drein gedump.

Volkwyn is in die Blue Downs Landdroshof borgtog geweier omdat hy daarvoor bekend is dat hy nie vir hofsake opdaag nie.

In sy borgtog-aansoek het die hof gehoor dat die staatspatoloog prof. Johan Dempers ’n tweede outopsie op Orderick se weefsel sal doen.

Dempers is bekend vir sy deurslaggewende rol in die Courtney Petersen-moordsaak. Sy is ook nege dae nadat sy vermis geraak het, gevind.

Volkwyn sal op Vrydag 28 Februarie in die Kaapse hooggeregshof verskyn.

Melvin Volkwyn

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters