9 maande gelede
‘Opstoker’ is in arres oor protes
het jou! Cops vat die vermeende voorbok vas.Foto’s: leon knipe  ~ 

DIE vermeende kringleier in ’n protes wat oor die naweek in die Malawi-kamp-plakkerskamp uitgebreek het, is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê die cops se eenheid vir open­bare orde is die afgelope Sondagmiddag op die hoek van 35de Laan en Lavis Drive in Bishop Lavis ontplooi.

Dit was nodig ná berigte dat ’n groep mense tyres brand en verbygaande voertuie met klippe bestook.

Van Wyk sê ’n 27-jarige man, na bewering die voorbok, is in hegtenis geneem.

Van Wyk sê verder: “Die man is gevang terwyl hy besig was om klip te gooi en gemeenskapslede aan te hits om ook klip te gooi en tyres te brand.

“Die motief vir die voorval is nog onbekend.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters