16 dae gelede
Operasie opruim
SKONER LANDSKAP: Inwoners van Avonwood sit die daad by die woord.  ~ Foto Verskaf

INWONERS van Elsiesrivier in die Kaap het genoeg gehad van vullis wat so in hul area ophoop.

Hulle sê die ergste is dat dit mense van ander areas is wat hul vullis hier op die veld in Elsies kom dump.

Sandy Lombard van Rachelstraat sê sy het lankal daarvan gepraat om die veld op te ruim sodat kinders daar kan speel.

“Toe kom die lockdown. Maar Dinsdag het ons besluit om skoon te maak,” sê Lombard.

“Baie van die kinders wat op die veld speel, het ook kom help skoonmaak. Die veld is by my agterhek.”

Lombard sê daar is tyres wat hulle wil verf en dit daar sit sodat die kinders ’n plek het om te speel.

Sy sê die rommel is nou opgeruim, maar hulle makeer ’n vragmotor om dit weg te ry.

Gereël

Twee neefs, Anthony Nogelo en Donolito van Meulen, het ook met die projek gehelp sodat die veld skoongemaak kan word.

Lombard sê Nogelo en Van Meulen het die grawe en harke en alles gereël en sommer ook die kinders gekry om te help.

Christopher Jordaan, die raadslid van wyk 28, sê hy het klaar gereël dat die vuilgoed met ’n lorrie opgetel word.

“Soos ons praat is ’n vragmotor besig om in Epping Forest, Clarke Estate en ander plekke vuilgoed op te laai,” sê Jordaan.

NEEFS DOEN WERK: Anthony Nogelo en Donolito van Meulen het dinge help reël.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters