Verlede jaar
Ooreenkoms knip ‘oorlog’ kort
AKSIE: EFF-lede sluit Woensdag ’n Clicks-winkel by die Waterstone Village-winkelsentrum in Somerset-Wes.  ~ Foto Verskaf

DIE hare het vir eers klaar gewaai.

Dít kom nadat die EFF en TRESemmé se moedermaatskappy, Unilever, Donderdag ’n ooreenkoms bereik het.

TRESemmé is die sjampoevervaardigers wie se produkte in die omstrede advertensie is wat Clicks onlangs op sy webblad geplaas het.

Die advertensie het woede ontlok.

Son het vandeesweek berig hoe die EFF sedert Maandag by Clicks-winkels betoog en die winkels gedwing het om gesluit te bly.

Die EFF en Unilever het Donderdag vergader, waarna hulle in ’n gesamentlike persverklaring aangekondig het dat hulle ’n ooreenkoms bereik het.

Die statement lees dat Unilever groot berou het oor die saak en hy vra alle Suid-Afrikaners om verskoning, veral swart vroue, vir die “rassistiese foto’s” deur TRESemmé.

Ingevolge die ooreenkoms sal Unilever “as ’n demonstrasie van berou ál sy produkte van alle Suid-Afrikaanse winkels se rakke onttrek.

“Dit sal geld vir ’n periode van 10 dae.

Gesluit

“Bykomend sal Unilever 10 000 sanitary towels (pads) en sanitisers skenk aan informele nedersettings wat nog deur die EFF aangewys sal word.

“In lyn met bogenoemde het die EFF en Unilever die saak gesluit.”

Luidens die persverklaring sal die EFF en Unilever verdere besprekings hou rakend transformasie binne Uni­lever.

Hierdie aankondiging kom net ’n dag nadat die supermarkte Shoprite, Checkers, en Pick n Pay weens openbare druk reeds besluit het om TRESemmé van hul rakke af te haal.

Alle Clicks-winkels sal na verwagting vanaf Vrydag weer normale besigheidsure handhaaf.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters