3 maande gelede
Oom rape vir R10
Plek van gruwels: Die verkragting het in hierdie bosse plaasgevind. Foto: KEITH MEYER  ~ 

LADISMITH. – Hy’t haar met ’n R10 van haar ouer­huis weggelok om hom kwansuis die pad na Zoar te gaan wys.

Maar toe hulle Maandag in die bosse kom, het hy die tenger 9-jarige meisie wreed verkrag. Twéé keer.

David Opperman, ’n inwoner vertel: “Die vreemde man het glo heel naweek lekkers uitgedeel.”

Hy sê die ouerige man, al iewers in die 60, is skynbaar van die Kaapse Vlakte.

“Hulle wyk mos uit na die platteland om hul gemors hier te kom try,” mor Opperman.

Volgens nog inwoners was hulle heelnaweek onrustig oor die vreemde man wat sy gesig met ’n scarf toemaak.

Brad Benades, ’n gemeenskapsleier wat die familie bystaan, sê: “Die slagoffertjie is in die bosse agter haar huis verkrag. Haar ouers is plat­geslaan.

“Sy is oorgeplaas na George­, waar daar op haar vrouedele geopereer is.”

’n Vroulike inwoner sê: “Ons moet dié bosse en rietvlei laat uitkap voordat nóg sulke dinge gebeur.

“Ouers moet hul kinders weerbaar maak om nie vreemdelinge te vertrou of enige iets van hulle te aanvaar nie.”

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê: “Die man het die slagoffer genader en haar R10 aangebied om hom die pad na Zoar te wys.

“Hy het die geld gegee en hulle het saam in Zoar se rigting gestap.

“Hy het die meisie toe aan die hand gegryp en haar gesleep na ’n plek 400 m van die naaste huise.

“Hier het hy haar twee keer verkrag. Hy het haar toe aangesê om vir hom te wag en weggestap.”

Pojie sê die kind het huis toe geloop en daar aan die slaap geraak. Sy het egter niemand iets vertel nie.

“Die pa het haar later in die kamer aangetref en gesien sy bloei.

“Toe die ma haar bad, het sy besef wat gebeur het.

“Die slagoffer is toe geneem na George, waar sy geopereer is.

“Knap speurwerk deur die SAPD en FCS het daartoe gelei dat die verdagte ’n dag later in Oudtshoorn opgespoor en aangekeer is.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters