12 dae gelede
Oom gesteek ná hy afkeer
MAAK PLAN: Premier Alan Winde het Delft besoek om te gaan kyk wat aangaan spesifiek met gender­geweld.  ~ Foto Verskaf

GENDERGEWELD het die lewe van ’n onskuldige man in Delft geëis.

Die 67-jarige man het tussenbeide getree toe ’n couple baklei het. Hy is in die proses noodlottig met ’n mes gesteek.

Die slagoffer het opgemerk dat ’n man sy girlfriend aanrand en hy het die fight probeer stop.

Die meisie se berk het toe na verneem word ’n mes uitgeruk en die man doodgesteek.

Nóg twee mense is na verneem word in die messtekery gelem. Albei is steeds in die hospitaal.

Hierdie voorval het Sondagaand 22:47 in Limpopostraat, Eind­hoven, plaasgevind.

Twee verdagtes van onderskeidelik 20 en 32 jaar oud en woonagtig in Elsiesrivier en Delft-Suid het gister in die Bellville-landdroshof verskyn.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het Dinsdag ’n walkabout in Delft gedoen en ook met die stasiekommissaris van Delft se polisie vergader.

Volgens Winde is Delft een van die hotspots vir gendergeweld en ook een van die polisiestasies met die hoogte moordsyfers in die provinsie.

Winde sê: “Dit is ons mikpunt om meer wetstoepassers in dié gemeenskappe te kry en ook te fokus op misdaadvoorkomingstrategieë.”

Fritz het die buurtwaglede bedank vir die goeie werk wat hulle in die gemeenskap doen.

Gebuk

Past. Charles George van die gemeenskapspolisiëringsforum sê: “Delft se geslagsgeweld statistieke is hoog al wil die polisie dit nie erken nie.

“Die regstelsel fail vroue wat onder gendergeweld gebuk gaan.

“ ’n Onskuldige man is dood toe hy net probeer keer het dat haar boyfriend haar aanrand.”

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, is twee verdagtes gearresteer en vir moord aangekla.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters