10 dae gelede
Ontploffing lei tot arres
vas: Speursers. Warren Damon arresteer die verdagte.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE polisie het ’n 27-jarige verdagte in Elsiesrivier weens die besit van per­lemoen gearresteer.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, lt.kol. Andrè Traut, is inligting opgevolg nadat ’n ontploffing verlede week in ’n huis in Maitland plaasgevind en die polisie op perlemoen afgekom het.

“Dit het die polisie na ’n huis in Oasisstraat in Elsiesrivier gelei en gister­oggend is ’n man in hegtenis geneem.

Verwerk

“Die polisie vermoed hy het gevlug van die toneel in Maitland waar die ontploffing plaasgevind het.”

Volgens Traut is toerusting in die huis gekry wat gebruik word om per­lemoen te verwerk.

“Die polisie het afgekom op ’n staalpot, gas­silinders, burn­ers, droograkke, waaiers, plastiekbakke en sout.”

Die verdagte verskyn môre in Kaapstad se landdroshof.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters