9 dae gelede
Ontbloter kry 10 j. oor kinderporno
MANG: ’n Man is in die Parow-hof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van pornografiese materiaal van jong kinders.  ~ Leon Bonthuys

“JY IS ’n gevaarlike karakter en ’n gevaar vir kinders!”

Met hierdie woorde van landdros Amanda van Leeve is ’n man van Parow vir 10 jaar tronk toe gepos nadat hy skuldig bevind is aan die besit van pornografiese foto’s en video’s van peuters en kleuters.

Die 51-jarige Heinrich Bosman is gister in die Parow-streekhof tronk toe gestuur nadat hy skuldig bevind is aan die besit van 5 432 porno­grafiese foto’s en video’s.

Van Leeve het in haar uitspraak gesê dit is ’n baie ernstige oortreding om kinderpornografie te besit.

“Dit raak kinders wêreldwyd.

“Dit raak die kinders erg en van hulle het al selfmoord gepleeg.

“Daar is geweld in die foto’s en jy help ’n mark skep vir kinderpornografie.

Ontbloot

“Jy is ’n gevaar vir kinders en jy kan nie in die openbaar losgelaat word nie.”

Bosman is op 18 Julie 2019 in hegtenis geneem.

Hy is gearresteer nadat hy buite ’n laerskool in Parow gewag en hom aan kinders ontbloot het.

Ouers het by die polisie gaan kla oor die man en hy is later aangekeer.

Die polisie het toe uitgevind van al die kinderpornografie wat hy gehad het.

Vroeër het Bosman se law­yer gesê hy het sielkundige hulp gaan soek, maar privaat was dit te duur en by staats­instansies kon hy ook nie hulp kry nie.

Van Leeve het in haar uitspraak gesê hy sal in die tronk hulp kan kry en hy het in elk geval eers hulp gaan soek nadat hy uitgevang is.

Die aanklaer, Dercia Rabie, het betoog die materiaal wys Bosman was ’n versamelaar van sulke foto’s en dat hy lank daarmee besig was.

Uitgebuit

Op van die foto’s kan gesien word hoe mans anale seks het met peuters.

“Dis duidelik kinders word uitgebuit en weens die abuse sal die kinders vir die res van hul lewe gescar wees.”

Bosman se naam sal opgeneem word in die register van seksoortreders.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters