5 maande gelede
Onskuldige ou doodgeskiet
MOORDTONEEL: Omstanders kyk na die lyk van Sebastian Wilson (36), wat gister koelbloedig in Manenberg doodgeskiet is.  ~ Leon Knipe

’N ONSKULDIGE man is gister in die vroeë oggendure in Manenberg koelbloedig doodgeskiet.

Sebastian Wilson (36) is omstreeks 05:40 verskeie kere raakgeskiet.

Die voorval het op die hoek van Red River Walk en Manenberg-laan gebeur. Wilson is op die toneel dood.

Hy het na verneem word in die pad geloop toe ’n groep onbekende mans hom nader en op hom losbrand.

Hy is in die gesig en kop getref en het op die toneel aan sy wonde beswyk.

  • Nog ’n man is Vrydag ook in ’n bendeskietery in Manenberg raakgeskiet.

Gangster

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, is die polisie besig om leidrade op te volg. Niemand is nog gearresteer nie.

  • In nog ’n skietvoorval Maandagaand, is ’n vermeende gangster (29) in Mitchells Plain afgemaai.

Die voorval het naby Juniper- en Sycamorestraat gebeur.

Die vermeende gangster is vol lood gepomp en hy is op die toneel dood.

Volgens Rwexana is die polisie besig om leidrade op te volg, maar daar is vir hierdie moord ook nog niemand in hegtenis geneem nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters