29 dae gelede
Onnie weer in hof oor drugs
Nadine Smallberg, ’n onderwyseres aan die Hoërskool Hottentots-Holland, en haar man, Sherwyn, is albei in hegtenis geneem vir dwelmbesit.  ~ Facebook

’N ONDERWYSERES van die Hoër­skool Hottentots-Holland het Maandag in die hof in Somerset-Wes verskyn op ’n klag van die besit van dwelms.

Nadine Smallberg (27) is op 2 Augustus deur die polisie se K9-eenheid in haar woonstel in die larney-kompleks Somerset Links gearresteer.

Die saak teen haar is tot 28 November uitgestel vir nader ondersoek. Na verneem word, is die forensiese verslag nog nie beskikbaar nie.

Opdaag

In ’n verklaring wat vroeër deur die polisie uitgereik is, sê hulle dat haar man, Sherwyn, in Stellenbosch vir ’n soorgelyke voorval deur die honde-eenheid in hegtenis geneem is.

Die lede van die eenheid het na die woonstel in Somerset-Wes gegaan om die man se adres te bevestig.

Toe hulle daar opdaag, is beslag gelê op verskeie dwelmmiddels soos Mandrax, ecstasy, tik en kokaïen.

Die waarde van die dwelms beloop sowat R350 000.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters