9 dae gelede
'Onnie wat klap se lyftaal sê als'
San Souci
'n Onderwyser van die San Souci Girls High School klap 'n leerder deur die gesig.  ~ skermgreep

DIE ma van die leerder, wat deur ‘n juffrou deur die gesig geklap is, sê haar kind was uitgelok.

Die ma sê aan News24 toe sy na die video gekyk het, het sy spesifiek die juffrou se lyftaal dopgehou.

“Haar lyftaal het die storie vertel. Ek het nie my dogter sien opstaan of gehoor dat sy haar stem verhef het nie.”

‘n Video van die voorval, by die San Souci Girls High School, het viral gegaan.

In die video stry die juffrou en die leerder oor die kind nie 'n boek vir die les gehad het nie en op haar selfoon doenig was.

Die kind stoot dan die bank teen die juffrou, waarna sy geklap word.

Die kind en die juffrou is albei intussen geskors.

Die kind se dissiplinêre verhoor is op 14 Februarie.

Die ma sê sy het vrede in haar hart en weet dat haar kind hierdeur gaan kom.

Sy gee toe dat haar dogter die klaskamer moes verlaat het toe die juffrou haar gevra het.

“Maar hoe los jy jou besittings (die selfoon) agter,” vra sy.

“My kind het toe verby die juffrou gebeur om haar selfoon te gryp.”

Die ma sê sy was hoogs ontsteld toe sy sien hoe haar kind geklap word.

Sy sê haar dogter mag dalk die skoolbank te hard teen die juffrou se bene gestoot het, “maar waar anders kon sy dit geskuif het”.

“My dogter was baie kwaad. Sy kán kwaad wees. Ek weet nie hoe ek sou optree nie. Ek weet nie wat iemand anders in daardie situasie sou doen nie,” sê die ma. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters