4 maande gelede
Ongelukke eis 26 binne ’n paar dae
AFGESKRYF: Een persoon het in die ongeluk gesterf.  ~ ER24

N MAN het gesterf en nog vier mense is beseer toe ’n kar Sondagmiddag in Elsiesrivier gerol het.

Die beseerdes is twee mans, ’n vrou en ’n vierjarige seun.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die paramedics het die beseerdes gehelp, maar hulle kon ongelukkig niks vir ’n 30-jarige man doen nie.

“Nog twee mans en die vier­jarige seun is ernstig beseer en die vrou is nie te ernstig beseer nie.”

In die Wes-Kaap het daar tussen 7 en 13 September 26 mense in 26 ongelukke gesterf.

Boetes

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke, sê 3 drivers, 1 fiet­s­ryer, 3 passasiers en 19 voetgangers is dood.

Volgens Bakker is 145 spoedoortredings aangemeld.

Daar is 2 340 boetes ter waarde van R1 951 250 uitgereik vir ’n verskeidenheid oortredings.

“Altesaam 10 voertuie is geskut en 54 is onpadwaardig bevind.”

Bakker sê verder 11 mense is aangekla vir die oortreding van die Rampbestuurswet en boetes ter waarde van R22 500 is uitgereik. Verkeersbeamptes het ook 15 mense weens dronkbestuur gearresteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters