’N VROU is dood en ’n man het ernstige beserings opgedoen
nadat die motor waarin hulle gereis het, Vrydag van Chapman’s Peak Drive
afgeval het.
Kapt. FC van Wyk,
Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die slagoffer was 55 jaar oud.
Die voorval het omstreeks 16:15 plaasgevind.
Van Wyk voeg by die polisie
ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná die voorval.
Die gewonde man is na ’n
nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
“Omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” sê Van Wyk.
Keri Cross, uitvoerende direkteur vir die
Gemeenskapsmisdaadvoorkomingseenheid, het
Saterdag gesê die twee was getroud. – News24