10 dae gelede
Ongeluk op afdraai eis vier
Vier mense waaronder 'n kind het omgekom.  ~ Foto ter Illustrasie

VIER mense, onder wie ’n kind, is Sondagmiddag buite Piketberg naby die Eendekuil-afdraai op die N7 in ’n ongeluk oorlede.

Volgens Billy Claassen, ’n raadslid, het die ongeluk omstreeks 15:00 gebeur. “Dit wil voorkom of die kar die pad verlaat en ’n paar keer gerol het. Die bestuurder en een vrou is op die toneel dood.

“ ’n Jong man en die vrou se kind is later in die hospitaal oorlede.”

Hy het sy simpatie met die familie van die oorledenes uitgespreek.

Claassen het ook dankie gesê aan die polisie en verkeerspersoneel wat op die toneel was, asook die ambulans­personeel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters