3 dae gelede
Ondersoek na polo-juffrou amper klaar
Fiona Viotti op haar troudag in 2018.  ~ Foto: Bishops College Magazine

DIE verslag oor die ondersoek na bwerings dat 'n onderwyseres van Bishops 'n verhouding met verskeie leerders gehad het, is amper afgehandel.

Guy Pearson, skoolhoof van Bishops, het Vrydag aan News24 gesê 'n media-verklaring gaan uitgereik word sodra die ondersoek voltooi is.

"Ons verwag dat die verslag binne die volgende paar dae beskikbaar sal wees," sê Pearson.

Fiona Viotti het in Oktober bedank toe bewerings aan die lig gekom het dat sy 'n verhouding met 'n matriekleerder gehad het.

Pearson het daarna in 'n verklaring gesê verskeie seuns is oor 'n aantal jare gaffekteer.

Viotti ontvang tans mediese behandel en berading. 

William Booth, haar regsverteenwoordiger, het 'n forensiese maatskappy aangestel om die skuldiges op te spoor wat aanhoudend intieme videos van Viotti op 'n porn site laai. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters