12 dae gelede
Onbekende lyk lê in vlak graf
WIE IS DIT? Die lyk van ’n man is in ’n vlak graf ontdek nadat ’n inwoner glo sy hand bo die grond sien uitsteek het.  ~ Foto ter illustrasie: Gallo iStock

DIE identiteit van ’n man wie se lyk in ’n vlak graf in Lavender Hill gevind is, is steeds onbekend.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is die onbekende man omtrent in sy 30’s.

Van Wyk sê: “Die man se lyk is in ’n vlak graf in die bosse oorkant St. Boniface-weg gevind.

“Daar was verskeie steekwonde aan sy liggaam en ’n koeëlwond.”

Volgens ’n inwoner wat anoniem wil bly, is die man se lyk Maandag in die bosse by die Village Heights-plakkerskamp gevind.

Bloed

Dié persoon sê: “Een van die inwoners het op sy lyk in die vlak graf afgekom.

“Die persoon het bloed gesien en het ondersoek gaan instel.

“Hy het ’n hand sien uitsteek uit wat na ’n vlak graf gelyk het.

“Ons het die cops gebel. Ons het verneem dit is ’n foreigner wat vermoor is.

“Daar is ook ’n swart leerbaadjie, Nike baseball cap en ’n paar New Balance-tekkies op die toneel gekry.”

Volgens Van Wyk is die motief vir die moord onbekend. Niemand is tot dusver gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters